Gee my so bietjie WEET


“Julle is die oorheersers
en julle die vertrappers
van ons wat sterk is,
maar magteloos verneder;
julle maal ons soos koring,
julle eet ons soos brood”
-NP van Wyk Louw-


Daardie is die woorde van die bekende skrywer NP Van Wyk Louw. Ek is ongelukkig, Neeee! wat sê ek – gelukkig, een van daardie mense wat graag digbundels in my kamer hou en so nou en dan as ek verveeld is, maar regtig verveeld is, gedigte lees. As jy die gedig Julle is die oorheersers verder gaan lees, is dit baie maklik om agter te kom dat die gedig gaan oor owerheidsmagte en eintlik oor hedendaagse politiek en die woord “Julle” in die gedig verwys na iets of iemand wat regeer. Maar politiek is glad nie op toepassing van die gesprek nie, inteendeel my kennis oor die aktivisme en kwantummeganika is dieselfde; ek het nie ‘n idee waaroor dit gaan nie; ek weet nie… dalk is dit soos ‘n winkel waarheen mens kan gaan om karparte te gaan koop. Wat ek wel wil doen is vir jou vra om die jou duim hier te hou, en weer die stukkie aanhaling te gaan lees tot jy min of meer verstaan wat ou NP regtig probeer sê. Hou dan jou duim nogsteeds hier, en vervang die woordjie “julle” in die gedig met die woordjie weeten lees dit weer. Ek weet nie van julle nie, maar vir my maak die aanhaling sommer meer sin.

Weet is die oorheersers
en weet die vertrappers
van ons wat sterk is,
maar magteloos verneder;
weet maal ons soos koring,
weet eet ons soos brood

JA! Ek gaan nou die classic studentereferaat-inleiding vat en ‘n goed gedefinieerde beskrywing van die woordjieweet gee:

weet(werkw.) kennis dra van; bekend wees met;
van die huidige seker wees en nie van die toekoms nie.

Ek is seker jy het nie eers nodig gehad om die definisie van weet te lees nie, want weet is een van daardie woordjies wat jy half van selfsprekend net verstaan. Maar het jy al ooit regtig gedink aan wat die woord weet eintlik beteken en die hele konsep rondom; om te weet, probeer verstaan. Al wat ons regtig weet en wat regtig bekend is vir ons; is ons verledes, dit wat ons reeds deur gemaak het en verstaan, dit is half vir ons bevestig. Ek gebruik partykeer so maklik en selfversekerd die woord weet tot ek begin om die classic twyfel-, wonder-oor-die-lewe-vrae begin te vra: Hoe weet ek my Ma-hulle het my nie eintlik aangeneem nie? Weet jy dalk waaroor oormôre se semestertoets gaan? Hoe het ek nie geweet hy gaan my verneek nie? Hoe weet ek God bestaan regtig?

Gaan vra jouself bietjie hoeveel keer ‘n dag gebruik jy die woord weet. Weet is vir my so ‘n stewige, onveranderlike woord om te gebruik, want om die eerlike waarheid te sê; meeste van die kere weet ek nie regtig nie. So as ek vir jou sê “Ek weet dat die Afrikaanse taalbeweings” in die vraestel more gaan wees, dink ek regtig nie jy moet my 100% vertrou op daai stelling nie. Want enige aannames wat jy enigsins oor iets maak wat in die toekoms gebeur en nog so balsy is om die woord weet saam dit te gebruik is ‘n eintlik redelik waaghalsig. Die toekoms is nie in klip geskryf nie, inteendeel dis op ‘n witbord met removable markers geskryf, so jy DINK jy weet wat gaan gebeur. Dalk is dit beter om die woordjie weet met ‘n woord soos “voorspel”, “neem aan” of “beweer” te vervang. Want op die ou end maak die woordjie weet meer seer as die woord “inspuiting” want weet tref jou nie net soos ‘n vuishou in jou maag as jy verkeerd is nie, maar hy breek so bietjie jou hart ook.

Net soos enige ander meisie het ek al ‘n paar mansmense in my lewe gehad en meer spesifieke een man gehad wat ek redelik oor ons en ons toekoms seker was. My sussie het haar trouman-beseffing beskryf as “Sy het net geWEET en om eerlik te wees het ook gedink ek het ook geweetmet hom. Net soos wat ek geweet het dat ek 74% vir my eksamenvraestel gaan kry nadat ek hom self gaan merk het na my toets, en hard terug gekom het aarde toe, toe ek 64% uitgeskryf het. Hier’s die ding, toe ek klein was het ek ook baie dinge geweet, maar ek het groot geword en alles wat ek eens geweet het, twyfel of filosofeer ek oor nou, want WAT WEET EK REGTIG?

Die woordjie “weet” is vir my net so vreesaanjaend soos die woorde “naalde”, “narre” en “familiegeleenthede”. Hoekom sal jy vra? want ek is ‘n plan mens, my lewe is vooruit beplan. Ek het ‘n plan vir ‘n plan en dan nog ‘n plan om seker te maak daai plan het ‘n backup plan. So vir my jaag dit my bloedruk op en gee my slapelose nagte om nie te weet dat my plan nie 100% waterdig is nie, en dat dit ruimte los vir teleurstelling, hartbreek en pleinweg net valsheid. Om eerlik te wees ek is net bang. Want wat as ek nie eendag op ‘n plaas kan bly nie of eendag nie 4 kinders kan hê nie, wat as ek nie eendag nie Afrikaans kan praat nie – daarvoor het ek nie ‘n plan nie. Ek het nie ‘n plan vir om my lewe totaal en al om te keer nie, of ‘n plan vir waneer ek eendag nooit my trouman ontmoet nie of ‘n plan vir om teleurstelling of onvoorbereidheid te hanteer nie. So eintlik is dit net dit: ek haat dit om voor te gee dat ek weet, want ek weet nie – ek doen regtig nie en dit… dis wat my angsaanvalle gee.

So daarom wil ek ‘n petisie saamstel vir die verbanning van die woordjie weet en sommer saam met dit; die woorde “nar”,inspuiting“, “periodkrampe” en “jou tyd is verstreke” . So hoe voel jy? Sal jy deel wees van my petisie?

One thought on “Gee my so bietjie WEET

  1. Om te “weet” of nie te “weet”, dit is die eintlike vraag….. Ek is absoluut versot op hierdie! Wie sou kon raai “weet” dra soveel gewig? Jy kan my naam eerste op daardie petisie skryf!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s