Featured

Die classic TYD-gesprek.

Om eerlik te wees ek het nie regtig ‘n opinie vir tyd nie. Tyd is soos ‘n pasaangeër, die remote se pause-knoppie en die hardste 10cm-punch op jou bors, alles in een.

“Jy verloor iets so gou soos wat jy dit gekry het” – My beste vriedin

Hierdie is seker die waarste en eenvoudigste, maar terselfde tyd die komplekste opinie wat ek al ooit gehoor het oor iets wat veband hou met tyd. Die beste van als is dis nie eers een of ander filosoof, profeet of bekende skrywer wat dit gesê het nie, nee! Hierdie is die woorde van ‘n eenvoudige, allerdaagse normale meisie wat tien teen een dit self moes beleef het of dit te kan sê. Dit was haar woorde aan my toe ek by haar kom teem vir die soveelste keer oor my minimalistiese, oninteressante en kleinlike liefdeslewe. Ek gaan eerlik wees, wat ek weet van liefde het dalk dieselfde diepte as die van ‘n graad 2-dogtertjie in die middel van die Noord-Kaap in ‘n dorpie wat se naam verband hou met ‘n plant en een of ander vorm van ‘n watermassa. Een ding is seker: Wat ek wel kan sê oor tyd is dat tyd is ‘n klug. Tyd is onvergeeflik brutaal en gevoeloos.

Kan jy die deel in Tangled onthou waar Mother Gothel vir haar parmantige gatvliegies vertel  “Good things come to those who wait”? Wie’t nou ooit gedink dat tekenprentjies ‘n stukkie wysheid kan hê wat jou tien teen een jare gevat om te besef. Nie te lang terug nie; toe ek geteem oor my totaal en al gemors van ‘n liefdeslewe, het ek die duur les geleer van wat dit is om regtig net geduldig te wees. Dit was die classic ontmoet mekaar-eerste oog opslag-liefde, die liefde waar jy nie regtig jou hande van hom af kan hou nie, en net heeldag lank oor hom wil spog- liefde. Maar laat ek jou nou nie verveel met die spesifikasies nie, lang storie kort- ek het een van die belangrikste fases in die verhouding gemis, die Leer mekaar ken-fase. Jy weet, die fase waar hy jou Die kyk gee, die fase waarin jy ‘n innerlike oorlog ervaar oor of jy hom watsapp of nie en wanneer hy eindeindelik vir eerste keer sê hy mis/dink aan jou-fase. Ek het sommer reguit gespring na die hande vashou in die publiek, en ek’s lief vir jou na 2 weke-fase. Ek weet, Dis belaglik nê? Ek het vir lank geredeneer dis maar net hoe ons verhouding is, geen verhouding is dieselfde nie. Maar daar is ‘n fyn lyn tussen om net pleinweg ongeduldig te wees en om anders wees. Maar dis nie die punt, die punt is: ek het die foward knoppie gedruk op ons verhouding, want ek kon nie deal met die tyd en geduld wat dit vat om ‘n gesonde verhouding te vorm nie, wat gelei tot ons stukkie wysheid en gesprekkie vandag oor “Jy verloor iets so gou soos wat jy dit gekry het”.

Tyd is dalk brutaal en laat jou soms dink of as ek nou oor die rooilig ry of sal die wêreld my regtig mis, maar tyd is nodig. Tyd sal, en ek klink nou seker soos my ma, maar tyd sal leerAs ek daai tyd met my nat-agter-die-ore-verhouding net gewag het en dinge toegelaat het om sy natuurlike gaan te gaan, sou ek tien teen een myself ‘n hartbreek en wat eens ‘n vol houer Nesquik was gespaar het. Dit is so, niks is so stresvol soos ‘n efundi deadline 23:00 as jy nou eers op bl 2 van jou referaat trek en dis 9-uur die aand nie, of so lank soos die 2 minute wat jy wag vir jou 2 min noodles om gaar te word of so sielsdodend soos wanneer jy vir die twintigste minuut sit en wag vir jou uitslae by die lisensiekantoor nie. Maar tyd is al wat jy partykeer het. Want een ding wat alle aktuele dinge van die lewe inverband het met mekaar is dat alles gebeur op ‘n tyd en plek soos dit moet. So ja, dit is so, goeie dinge vat tyd, moenie hoera skree voor jy brug is nie,en ek kan aan gaan en jou verveel met nog duisende afrikaanse idiome maar wat ek probeer sê is: maak tyd, vat tyd, deel tyd en belangrikste van alles sluk die tyd in, sluk die tyd in soos ‘n Mint sweetie – jy mag dalk verstik en dit is dalk onverwags, maar darm ruik jou asem lekker – Aanvaar dat tyd staan nie noodwendig stil nie, en dat tyd jou soms soos vuishou in die maag tref, maar darm het jy tyd.

So ja, mens kan seker nie praat oor tyd sonder om die classic “alles gebeur op die regte tyd” en “alles gebeur vir ‘n rede” te sê nie – dit is seker een van die goed wat mense vir my kan sê wat ek die meeste HAAT. Maar ek haat dit omdat dit een van daai dinge is wat totaal en al waar is en jy kan net mooi niks daaraan doen nie – sweet blou bogerôl. So kom ek troos jou met die woorde: Tyd is regtig ‘n KLUG, dis ‘n klug dat tyd nie beheer kan word, inteendeel tyd is wat jy daarvan maak en hoe jy dit sluk.

So hoe voel jy oor tyd? Of is jy soos ek wat net besluit het tyd is maar net soos jou Ma se opinie oor jou qutex-kleur: jy maak net nie meer iets daarvan nie! Deel in die komentaar wat dink!

Gee my so bietjie WEET


“Julle is die oorheersers
en julle die vertrappers
van ons wat sterk is,
maar magteloos verneder;
julle maal ons soos koring,
julle eet ons soos brood”
-NP van Wyk Louw-


Daardie is die woorde van die bekende skrywer NP Van Wyk Louw. Ek is ongelukkig, Neeee! wat sê ek – gelukkig, een van daardie mense wat graag digbundels in my kamer hou en so nou en dan as ek verveeld is, maar regtig verveeld is, gedigte lees. As jy die gedig Julle is die oorheersers verder gaan lees, is dit baie maklik om agter te kom dat die gedig gaan oor owerheidsmagte en eintlik oor hedendaagse politiek en die woord “Julle” in die gedig verwys na iets of iemand wat regeer. Maar politiek is glad nie op toepassing van die gesprek nie, inteendeel my kennis oor die aktivisme en kwantummeganika is dieselfde; ek het nie ‘n idee waaroor dit gaan nie; ek weet nie… dalk is dit soos ‘n winkel waarheen mens kan gaan om karparte te gaan koop. Wat ek wel wil doen is vir jou vra om die jou duim hier te hou, en weer die stukkie aanhaling te gaan lees tot jy min of meer verstaan wat ou NP regtig probeer sê. Hou dan jou duim nogsteeds hier, en vervang die woordjie “julle” in die gedig met die woordjie weeten lees dit weer. Ek weet nie van julle nie, maar vir my maak die aanhaling sommer meer sin.

Weet is die oorheersers
en weet die vertrappers
van ons wat sterk is,
maar magteloos verneder;
weet maal ons soos koring,
weet eet ons soos brood

JA! Ek gaan nou die classic studentereferaat-inleiding vat en ‘n goed gedefinieerde beskrywing van die woordjieweet gee:

weet(werkw.) kennis dra van; bekend wees met;
van die huidige seker wees en nie van die toekoms nie.

Ek is seker jy het nie eers nodig gehad om die definisie van weet te lees nie, want weet is een van daardie woordjies wat jy half van selfsprekend net verstaan. Maar het jy al ooit regtig gedink aan wat die woord weet eintlik beteken en die hele konsep rondom; om te weet, probeer verstaan. Al wat ons regtig weet en wat regtig bekend is vir ons; is ons verledes, dit wat ons reeds deur gemaak het en verstaan, dit is half vir ons bevestig. Ek gebruik partykeer so maklik en selfversekerd die woord weet tot ek begin om die classic twyfel-, wonder-oor-die-lewe-vrae begin te vra: Hoe weet ek my Ma-hulle het my nie eintlik aangeneem nie? Weet jy dalk waaroor oormôre se semestertoets gaan? Hoe het ek nie geweet hy gaan my verneek nie? Hoe weet ek God bestaan regtig?

Gaan vra jouself bietjie hoeveel keer ‘n dag gebruik jy die woord weet. Weet is vir my so ‘n stewige, onveranderlike woord om te gebruik, want om die eerlike waarheid te sê; meeste van die kere weet ek nie regtig nie. So as ek vir jou sê “Ek weet dat die Afrikaanse taalbeweings” in die vraestel more gaan wees, dink ek regtig nie jy moet my 100% vertrou op daai stelling nie. Want enige aannames wat jy enigsins oor iets maak wat in die toekoms gebeur en nog so balsy is om die woord weet saam dit te gebruik is ‘n eintlik redelik waaghalsig. Die toekoms is nie in klip geskryf nie, inteendeel dis op ‘n witbord met removable markers geskryf, so jy DINK jy weet wat gaan gebeur. Dalk is dit beter om die woordjie weet met ‘n woord soos “voorspel”, “neem aan” of “beweer” te vervang. Want op die ou end maak die woordjie weet meer seer as die woord “inspuiting” want weet tref jou nie net soos ‘n vuishou in jou maag as jy verkeerd is nie, maar hy breek so bietjie jou hart ook.

Net soos enige ander meisie het ek al ‘n paar mansmense in my lewe gehad en meer spesifieke een man gehad wat ek redelik oor ons en ons toekoms seker was. My sussie het haar trouman-beseffing beskryf as “Sy het net geWEET en om eerlik te wees het ook gedink ek het ook geweetmet hom. Net soos wat ek geweet het dat ek 74% vir my eksamenvraestel gaan kry nadat ek hom self gaan merk het na my toets, en hard terug gekom het aarde toe, toe ek 64% uitgeskryf het. Hier’s die ding, toe ek klein was het ek ook baie dinge geweet, maar ek het groot geword en alles wat ek eens geweet het, twyfel of filosofeer ek oor nou, want WAT WEET EK REGTIG?

Die woordjie “weet” is vir my net so vreesaanjaend soos die woorde “naalde”, “narre” en “familiegeleenthede”. Hoekom sal jy vra? want ek is ‘n plan mens, my lewe is vooruit beplan. Ek het ‘n plan vir ‘n plan en dan nog ‘n plan om seker te maak daai plan het ‘n backup plan. So vir my jaag dit my bloedruk op en gee my slapelose nagte om nie te weet dat my plan nie 100% waterdig is nie, en dat dit ruimte los vir teleurstelling, hartbreek en pleinweg net valsheid. Om eerlik te wees ek is net bang. Want wat as ek nie eendag op ‘n plaas kan bly nie of eendag nie 4 kinders kan hê nie, wat as ek nie eendag nie Afrikaans kan praat nie – daarvoor het ek nie ‘n plan nie. Ek het nie ‘n plan vir om my lewe totaal en al om te keer nie, of ‘n plan vir waneer ek eendag nooit my trouman ontmoet nie of ‘n plan vir om teleurstelling of onvoorbereidheid te hanteer nie. So eintlik is dit net dit: ek haat dit om voor te gee dat ek weet, want ek weet nie – ek doen regtig nie en dit… dis wat my angsaanvalle gee.

So daarom wil ek ‘n petisie saamstel vir die verbanning van die woordjie weet en sommer saam met dit; die woorde “nar”,inspuiting“, “periodkrampe” en “jou tyd is verstreke” . So hoe voel jy? Sal jy deel wees van my petisie?